
Swart
Egte Leer
Egte Leer
Egte Leer
Egte Leer
Hardeband
Luukse Leer
Luukse Leer
Kunsleer
as die
besondere openbaring van God. Vir my persoonlik lê die 1933/1953-vertaling
naby aan die hart.
Omdat dit ’n direkte, letterlike vertaling is, is dit die naaste aan die oorspronklike teks van die Bybel. Die “nadeel” is dat sommige van die idiome en beelde nie ten volle in ons tyd verstaan en waardeer word nie.
Die wyse waarop hierdie vertaling deur Bybelkenners in hierdie Verklarende
Studiebybel verduidelik en “oop” gemaak word, is prysenswaardig.
Ek wil met die grootste waardering vir hierdie monumentale werk erkenning
gee aan die uitgewers.
– DR. ISAK BURGER, VOORMALIGE PRESIDENT VAN DIE AGS VAN SA, SKRYWER EN PREDIKER
in die Afrikaanse mark vir hulpmiddels om die Bybel te verstaan. Soos wat daar onder
Engelssprekende Christene steeds voorkeur is vir die King James Version, só is
daar onder Afrikaanssprekendes ’n beduidende groepering wat verkies om die
Bybel in die 1933/1953 Afrikaanse vertaling te lees en te bestudeer.
Met hierdie studiebybel van SCM kry sulke Afrikaansprekendes nou ’n
Bybelverstaan-hulpmiddel in die hand wat jongste teologiese navorsing
op bevatlike wyse in studiebybel-formaat aanbied sáám met hulle geliefde
1933/1953-vertaling.
Vir hulle is een van die groot winste van hierdie studiebybel
die feit dat belangrike alternatiewe lesings uit meer onlangse grondtekste
wat saamgestel is uit ouer manuskripte as die grondteks wat vir die
1933/1953-vertaling gebruik is, in die vertalersnotas aangedui word.
– PROF. FIKA J. VAN RENSBURG, NUWE-TESTAMENTIKUS EN GRIEKS-BRONTAALKENNER