KOOP 

VERKLARENDE STUDIEBYBEL

1933/1953-VERTALING

Die vertroude Ou Vertaling nou beskikbaar met nuwe verklarende notas, inleidende artikels, temas en teksverduidelikings


Die Verklarende Studiebybel is spesiaal saamgestel om:

  • jou Bybelkennis te verbreed

  • jou te help om persoonlike Bybelstudie te doen

  • en jou geestelik te laat groei


Beskikbare reeks

Beskikbaar in ’n verskeidenheid kleure in hardeband-, luukse leer- en egte leer-formate  

Swart

Egte Leer

9781415342015

Kaneel

Egte Leer

9781415342022

Wynrooi

Egte Leer

9781415342039

Groen

Hardeband

9781415342060

Ligroos

Luukse Leer

9781415342053

Karamel

Luukse Leer

9781415342046

Swart

Kunsleer

9781415342688

KENMERKE EN UNIEKE EIENSKAPPE


Teks van die 1933/1953-vertaling van die Bybel in Afrikaans



Boek-vir-boek-inligting met inleidende artikels tot elke Bybelboek, wat
inligting bied oor elke boek se skrywer, agtergrond, doel en boodskap



21 Onderwerp-vir-onderwerp-artikels wat ’n algemene oorsig bied oor
die hele Bybel



Unieke “Bestudeer die boek”-kassies wat die Bybelboek se vernaamste
temas en leringe verken



Vers-vir-vers-voetnotas wat dwarsdeur die teks voorkom en tekskritiese notas insluit



Volkleur kaarte



Aanbevelings


Hoe ouer ek word, hoe groter word my liefde en waardering vir die Bybel

as die besondere openbaring van God. Vir my persoonlik lê die 1933/1953-vertaling naby aan die hart.

Omdat dit ’n direkte, letterlike vertaling is, is dit die naaste aan die oorspronklike teks van die Bybel. Die “nadeel” is dat sommige van die idiome en beelde nie ten volle in ons tyd verstaan en waardeer word nie.

Die wyse waarop hierdie vertaling deur Bybelkenners in hierdie Verklarende
Studiebybel verduidelik en “oop” gemaak word, is prysenswaardig.
Ek wil met die grootste waardering vir hierdie monumentale werk erkenning
gee aan die uitgewers.

– DR. ISAK BURGER, VOORMALIGE PRESIDENT VAN DIE AGS VAN SA, SKRYWER EN PREDIKER

Die Verklarende Studiebybel 1933/1953-vertaling vul ’n groot leemte 

in die Afrikaanse mark vir hulpmiddels om die Bybel te verstaan. Soos wat daar onder Engelssprekende Christene steeds voorkeur is vir die King James Version, só is daar onder Afrikaanssprekendes ’n beduidende groepering wat verkies om die
Bybel in die 1933/1953 Afrikaanse vertaling te lees en te bestudeer.

Met hierdie studiebybel van SCM kry sulke Afrikaansprekendes nou ’n
Bybelverstaan-hulpmiddel in die hand wat jongste teologiese navorsing
op bevatlike wyse in studiebybel-formaat aanbied sáám met hulle geliefde 1933/1953-vertaling.
Vir hulle is een van die groot winste van hierdie studiebybel die feit dat belangrike alternatiewe lesings uit meer onlangse grondtekste wat saamgestel is uit ouer manuskripte as die grondteks wat vir die 1933/1953-vertaling gebruik is, in die vertalersnotas aangedui word.

– PROF. FIKA J. VAN RENSBURG, NUWE-TESTAMENTIKUS EN GRIEKS-BRONTAALKENNER

Onderhoud

Radio Kansel se Christine Ferreira het met Chris Johnsen gesels oor die nuwe Verklarende Studiebybel 1933/1953-vertaling.

Handelaars

Besoek jou gunsteling-boekwinkel of aanlyn-boekverkoper om die Bybel van jou keuse aan te koop.

Dit is ons gebed dat die Verklarende Studiebybel jou sal inspireer en toerus om God daagliks te volg sodat jy ’n student van sy kosbare Woord kan word.